binneste
skool
pret
Katryn is baie lief om met haar poppe te speel, sommer ure lank. Die poppe kuier oor en weer by mekaar, daar word tee gedrink, kos gemaak, en na deftige danspartye gegaan. Vandag is weer so ’n dag. “Kom na my patytjie toe”, sê Katryn namens haar Prinses Barbie.  “Oe, dit sal lekke wees, ons kan sommel met my motolkal ly”, antwoord Katryn namens Rapunzel.

Mamma stap verby die kamer waar Katryn speel. Sy glimlag. Dit is vir haar so oulik as Katryn so lekker sit en speel.
“Kom, Katryn, ruim gou-gou op, dis tyd om kleuterskool toe te gaan!”
 “Ja, Mamma, kan ek nie maal my plinses Babie saamneem nie, ek sal haal mooi oppas?”  
“Liewer nie, my kind, nou-nou word sy vuil en lelik of een van jou maatjies by die skool breek haar dalk. Bêre haar liewer mooi, dan kan jy vanmiddag weer lekker met haar verder speel.”
“Ag, olaait!”

Katryn ruim gou op, kry haar tas, en spring in die motor. Sy hou baie van haar kleuterskool. Sy is baie lief vir haar juffrou en sy hou van haar maatjies. Die skole sluit vandag, more begin die skoolvakansie. Katryn hou van vakansies. Sy verlang nou wel na haar juffrou en maatjies, maar dis darem baie lekker om bietjie langer in die bed te lê in die oggend en heeldag te kan speel by die huis.

“Ta, ta Katryn”, sê Juffrou toe Mamma vir Katryn by die skool kom haal.  “Jy moet soet wees en lekker vakansie hou, en bring vir my ’n oulike verrassing saam soos ’n mooi skulpie of veertjie wat jy opgetel het.”

Katryn verras haar juffrou

deur Wilma Coetzee

Katryn wonder watse verrassing sy tog vir haar juffrou kan gee na die vakansie. Maar daardie selfde aand gee Pappa en Mamma vir haar ’n idee…  Sy al lank om ’n “r” reg te sê. Maar hy kom altyd uit as “l” en maak nie saak hoe hard Katryn probeer nie, haar woordjies klink maar net nie dieselfde as ander mense s’n nie. Pappa sê dat sy elke dag ’n bietjie moet oefen om dit reg te sê en dan elke aand voordat sy aan die slaap raak, moet sy haarself indink hoe sy “rooi ribbok ram staan teen die rand” vir haar juffrou gaan sê, met r’e en nie met l’e nie.

“Sjoe, ek dink my juffrou gaan nie kan glo dat ek dit regkry nie”, dink Katryn. “Ek dink dit is dalk ’n baie goeie verrassing om vir my juffrou na die skoolvakansie te gee!”
Katryn probeer sommer dadelik om die “r” reg te sê, maar telkens kom daar met net ’n “l” uit.
“Katryn, miskien moet jy probeer om liewer jou “r” te sê soos die Engelse”, stel Mamma voor. Katryn probeer, en jou waarlik, dit kry sy sowaar reg!  
Maar dit klink darem nog nie so mooi soos Rooi Ribbok Ram nie!

Elke dag oefen Katryn. Partykeer sê sy “th” en probeer dan haar tongetjie te laat tril, ander kere probeer sy die Engelse se sagte “r” te sê. Maar sy het besluit dat Mamma die ander dag vir