binneste
skool
pret
Dit is vandag Ietsie-Spesiaal se verjaarsdag. Hy het al sy beste pêlle (en ’n paar vriendinne) oorgenooi om saam met hom te gaan ysskaats. Almal lag en gesels  opgewonde toe hulle by die ysskaatsbaan aankom.

Dit is ’n hele gedoente sodat elkeen skaatse kan kry wat aan sy voete pas. Eindelik is almal gemaklik in hul skaatse, en almal spring op die ysskaatsbaan.  Vir party is dit die eerste keer dat hulle die ys aandurf, en hulle klou aan die reëling asof hul lewens daarvan afhang!

Ietsie-Spesiaal kan redelik skaats, maar hy moet maar nog mooi konsentreer. Ietsie-Oulik gly grasieus oor die ys, asof sy in ysskaatse gebore is. Sy kan selfs al oulike toertjies doen. Ietsie-Spesiaal is so bly dat Ietsie-Oulik na sy partytjie gekom het. Hy hou sommer baie van haar…

“Haai, kom ons skaats resies!” roep een van die ouens. Al die ouens val in en skaats al vinniger en vinniger in die rondte. Ietsie-Spesiaal moet uithaal om by te bly. Veral by die draai sukkel hy… Skielik swenk iemand voor hom in. Hy probeer van rigting verander, dan probeer hy om te stop, en die volgende oomblik sien jy net hare waai! Ietsie-Spesiaal tol al in die rondte op die naat van sy rug oor die skaatsbaan. Almal stop verbaas om die petalje te aanskou. Toe hulle sien dat hy darem nie seerkgekry het nie, kan sy pêlle nie help om te begin lag vir die komieklike prentjie nie.

Ietise-Spesiaal is nou sommer kwaad. Kwaad omdat hierdie ander ou nie kan kyk waar hy skaats nie.Kwaad omdat hy geval het. Kwaad
omdat hy sy naam ge”brand” het. Kwaad omdat sy vriende vir hom lag. Maar veral kwaad omdat Ietsie-Oulik moes sien hoe hy ’n gek van homself maak.

Hy is lus en maak sy oë toe en bly net hier lê. Hy wil nie opstaan nie. Hy wil nie hoor wat almal te sê het oor sy ongelukkie nie. Of nee, miskien moet hy opstaan en iewers gaan wegkruip tot die partytjie verby is. Dis die aakligste verjaarsdag wat hy nog ooit gehad het! “Ag, ek is die lompste, domste ou…”

Skielik besef Ietsie-Spesiaal dat dit een van sy gedagte uits sy Niksie-dae is. Hy het vanoggend in die Handleiding gelees dat net soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk, so sien jy jouself in wat jy dink. As hy dink hy is lomp en dom, dink hy weer hy is ’n ou Niksie. Dít wil hy glad nie weer wees nie!



Skielik onthou hy ’n ander stukkie wat hy gelees het:
Ietsie-Spesiaal se groot val
deur Wilma Coetzee