binneste
skool
pret
Verlede keer het Ietsie-Spesiaal gesien dat hy moet wegbly van verkeerde goed sodat hy nie weer GIGU siekte kry nie…

Dit gaan baie goed met Ietsie-Spesiaal. Hy staan elke oggend vrolik op, en doen wat hy moet doen, fluit-fluit. Hy geniet dit om met sy Maker te praat. Vanoggend is hy sommer baie opgewonde. Hy is uitgenooi na ’n partytjie en dit klink of omtrent álmal daar gaan wees. Hy is nogal lanklaas uitgenooi, en dit sal lekker wees om deel te wees van al die pret en plesier.

Die partytjie skop af met waaghals-speel. Elkeen kry ’n kans om met ’n harnas teen ’n hoë muur uit te klim. Die muur het plek-plek vashou- en vastrap-plek. Almal moedig mekaar opgewonde aan en geniet die avontuur.

Nadat Ietsie-Spesiaal sy klimbeurt gehad het, roep ou Rowwe hom saggies eenkant toe. “Ek sê,  hoe lyk dit, wil jy nie saam met ons bietjie rondstap en die plek so bietjie… e.. verken terwyl die res klaar klim nie?” Ietsie-Spesiaal wonder wat om te doen. Dit klink heel lekker, maar ou Rowwe het maar dikwels skewe planne en al Rowwe se maats doen altyd alles wat ou Rowwe voorstel. Maar hy is ook nou nie meer lus om net te sit en kyk hoe die ander klim nie… “Ja, ek kom saam!”

Hulle stap bietjie rond en dan lei ou Rowwe hulle na ’n beskutte plek. “Ouens, ek het vir ons bietjie opwinding saamgebring. Ek het van my pa se sigarette vasgelê… hoe lyk dit, wie is lus vir om te probeer?” Ietsie-Spesiaal kan sy oë en ore nie glo nie. Hy het nie dít verwag nie! Al Rowwe se vriende stem dadelik in om saam te rook. Ietsie-Spesiaal sê niks. Hy wens hy kan verdwyn. Alle oë is op hom gerig. “En wat van    
jou? O, jy is mos deesdae te vervelig vir sulke pret!” spot hulle hom. Op die ou einde stem hy in. Hy trek ’n teug in en hoes omtrent sy longe uit. Daarna kry hy so ’n naar gevoel op die maag…

Die res van die partytjie is nie lekker nie. Hy voel sleg, hy is vies vir ou Rowwe, en hy is vies vir homself.




Die volgende dag heet Rowwe en sy vriende vir Ietsie-Spesiaal spesiaal welkom by die skool. “Haai, jy is nou ons nuwe pêl! Dit was mos nou lekker pret gister, of hoe sê jy?”
Ietsie-Spesiaal glimlag maar net verleë. Dan tref dit hom. Die Geskiedenis toets! O, vrek! Hy het skoon vergeet om daarvoor te leer! Asof Rowwe sy gedagtes kan lees, sê hy: “Haai, ouens, kyk, ek het crip notes gemaak    
Ietsie-Spesiaal moet kies
deur Wilma Coetzee