binneste
skool
pret
(Verlede keer het Niksie ontdek dat hy eintlik Ietsie-Spesiaal is.)

“Ek gaan net nog so ’n klein rukkie lê voordat ek opstaan,”  dink Ietsie-Spesiaal.  Skielik onthou hy weer die Handleiding, sy regte naam en dan is hy nie eens meer lus om in die bed te lê nie.  Vandag is die eerste dag van sy lewe as Ietsie-Spesiaal!  

Hy lees ’n stukkie uit Die Handleiding voordat hy homself regkry vir die dag.  Hy lees “Nie een lewe vanself reg nie, selfs nie een nie.”  Hy lees van goed wat jy inlaai wat jou vuil maak…

Hy is opgewonde om sy eerste dag as Ietsie-Spesiaal te gaan lewe.  Hy glimlag vanoggend mooi vir homself in die spieël en stap later met ’n huppel in sy stappie buitentoe, reg om Ietsie-Bietsieland se uitdagings aan te pak.

Dit is vir hom baie lekker om vir almal te vertel dat sy naam toe nooit Niksie was, soos almal hom geken het nie, maar dat hy eintlik nog altyd Ietsie-Spesiaal was, en dat hulle hom asseblief van nou af op sy regte naam moet aanspreek.  Hulle is almal verwonderd oor die Handleiding waarvan hy hulle vertel, en nog meer verwonderd om te sien hoe hy verander het.  

Die dag vlieg verby. By die huis aangekom, maak hy homself gemaklik voor die kykkassie en kyk lekker na al sy gunstelingstories wat nogal ’n hoë ouderdomsperk het.  Hy geniet die geweld en allerlei ander tonele wat hy nie eintlik saam met sy ma sal wil kyk nie.  Dit maak die stories soveel meer opwindend.  Vir die eerste keer pla van die woorde wat, hom ietwat.  Hy      
Ietsie-Spesiaal kry GIGU-siekte

Deur Wilma Coetzee